Parks in Saint-Petersburg

Marsveld

3.5/10

Die Marsveld of Marsowo Polje (Russies: Ма́рсово по́ле) is ’n groot park in die middel van Sint Petersburg, Rusland, wat na die god Mars uit die Romeinse mitologie genoem is. Dit beslaan sowat 9 ha. In die noorde grens die veld aan die Marmerpaleis, Soeworowa-plein en die Betskoi- en Saltikof-wonings. Aan die westekant is die kasernes van die Pawlofski-regiment. Die Moikarivier vorm die grens in die suide.

Geskiedenis

Die geskiedenis van die Marsveld begin in die eerste jare van Sint Petersburg se bestaan, toe dit die Groot Veld genoem is. Later is vierings van die Russiese oorwinning in die Groot Noordelike Oorlog daar gehou en is dit hernoem na die Plesierveld. In die 1740's is die Plesierveld vir ’n kort rukkie verander in ’n wandelpark met paadjies, grasperke en blomme. Sy volgende naam, die Tsarinaveld, is begin gebruik nadat die Somerpaleis vir keiserin Katharina I gebou is. Na aan die einde van die 18de eeu het die Tsarinaveld egter ’n militêre paradegrond geword waar monumente opgerig is ter viering van die oorwinnings van die Russiese leër.

Een van die generaals wat daar vereer is, was Aleksander Soeworof, wat uitgebeeld is as die Romeinse god Mars. In 1805 is die Tsarinaveld amptelik hernoem tot die Marsveld. Ná die Februarie-rewolusie het die Marsveld sy funksie as militêre paradegrond verloor en het dit ’n gedenkteken geword. In die somer van 1942 is die Marsveld toegeplant met groente om kos te verskaf tydens die Beleg van Leningrad.

Grafte

Op 23 Mei 1917 is deelnemers aan die Februarie-rewolusie daar begrawe. Altesaam 184 van die 1 382 burgers wat tydens die rewolusie dood is, is daar ter ruste gelê in een gesamentlike graf. In 1917 tot 1919 is ’n monument ter ere van "vegters van die rewolusie" daar opgerig. In 1918 is die plein se naam verander na Plek van Slagoffers van die Rewolusie, maar in 1944 is die naam terugverander.

Die Ewige Vlam

Op 6 November 1957 is ’n Ewige Vlam, die eerste in Rusland, in die middel van die Marsveld aangesteek. Van hier is die vlam in 1967 na Moskou geneem en naby die Kremlinmuur op die Graf van die Onbekende Soldaat geplaas. Die vlam van die Marsveld brand ook by ander gedenktekens in Sint Petersburg.

Eksterne skakels

Шаблон:CommonsKategorie-inlyn

  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Post a comment
Tips & Hints
Arrange By:
Серхио Sergio
6 November 2012
С высоты птичьего полёта. Фото: Wikipedia
Stepan Labadin
7 August 2013
Периодически ребята играют на гитаре и поют Цоя. Валяться на траве и смотреть на звезды в такой обстановке восхитительно.
Load more comments
foursquare.com
Location
Map
Address

Pamyatnik Zhertvam Revolyutsii, Sankt-Peterburg, Rusland, 191186

Get directions
Open hours
Mon-Sun 24 Hours
References

Field of Mars (Марсово поле) on Foursquare

Marsveld on Facebook

Hotels nearby

See all hotels See all
The Bridge Hotel

starting $129

Katyusha

starting $50

Apartments Gorokhovaya 4

starting $37

Ticket To Train

starting $6

Nevsky 3 Guest House

starting $57

Sonata at Nevsky 5

starting $91

Recommended sights nearby

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Tripartite Bridge
Rusland

Tripartite Bridge is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Novo-Konyushenny Bridge
Rusland

Novo-Konyushenny Bridge is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Summer Garden
Rusland

Summer Garden is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Marmerpaleis
Rusland

Marmerpaleis

Add to wishlist
I've been here
Visited
First Engineer Bridge
Rusland

First Engineer Bridge is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Chizhik-Pyzhik
Rusland

Chizhik-Pyzhik is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Panteleymonovsky Bridge
Rusland

Panteleymonovsky Bridge is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Kerk van die Verlosser op Bloed
Rusland

Die Kerk van die Verlosser op Bloed (Russies: Храм Спаса на Крови) is

Similar tourist attractions

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Esplanadi
Finland

Esplanadi is a tourist attraction located in Helsinki, Finland

Add to wishlist
I've been here
Visited
Ibirapuera Park
Brasilië

Ibirapuera Park is a tourist attraction located in São Paulo, Brasilië

Add to wishlist
I've been here
Visited
Greenwich Park
Verenigde Koninkryk

Greenwich Park is a tourist attraction located in Londen, Verenigde

Add to wishlist
I've been here
Visited
High Line (New York City)
Verenigde State van Amerika

High Line (New York City) is a tourist attraction located in New York

Add to wishlist
I've been here
Visited
Primrose Hill
Verenigde Koninkryk

Primrose Hill is 'n heuwel 78,1 meter (256 voet) bokant seevlak aan

See all similar places